RIVERSDAL GHOLF NUUS - Riversdal-gholfklub se lede het die afgelope naweek gholf van hoogstaande gehalte gelewer en mekaar behoorlik opdraende tussen die setperke gegee.
Louis Vermaak het Vrydag, 4 September die Sundowner-kompetisie met 25 punte op die telbord gewen.
Willie Prins was tweede met 18 punte, terwyl Koos Eksteen en Frederick van Dyk op 'n 18 punt uittel die derde en vierde plekke ingeneem het.
Die Race2Wembley-houespel het Saterdag, 5 September vir benoude oomblikke gesorg. Josef Botes (71 houe) het as wenner uit die stryd getree, maar op 'n 72 houe uittel het Garnet Damans en Louis Vermaak dit vir Botes moeilik gemaak toe hulle die tweede en derde plekke ingeneem het.
Frans Myburgh (73 houe) was vierde.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'