RIVERSDAL GOLF NUUS - Die Suid-Kaap Sages het op Dinsdag 22 Januarie hul eerste kompetisie vir 2019 op Riversdal gehou.
Colin Sharwood word by die Suid-Kaap bestuur as Riversdal se nuwe verteenwoordiger gevoeg.
Sages verwelkom ook die nuwe lede wat vroeg vanjaar aangesluit het: Kosie Otto van Mosselbaai, Charl Marais en Tony Postma van Stilbaai en Nic Rossouw van Heidelberg.
Naaste aan die penne is gewen deur Josef Botes van Riversdal op nommer 8 en Leon van Schalkwyk van Boggomsbaai op 4/13.
Die onderlinge kompetisie tussen die westelike en oostelike klubs is naelskraap gewen deur wes met ’n gemiddeld van 39,44 teenoor 39,0.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Wenners op Riversdal: Bill en Celia Hart, Kosie Otto en Niel van Heerden, Grové Koch (voorsitter) en Breggie en Stoffel Maritz.'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'