RIVERSDAL NUUS - Die Suid-Kaap Sagesspelers het Dinsdag 25 Julie op Riversdal saamgetrek.
Veertig spelers het aan die individuele Stapleford-kompetisie deelgeneem.
Die volledige uitslag
1.Buks Reynders (Mosselbaai) 36, 2. Paul de Villiers (Riversdal) 36, 3. Davie Roberts (Riversdal) 35, 4. Colin Sharwood (Riversdal) 35, 5. Nel Mulder (Riversdal) 34, 6. Tinus Prinsloo (Boggomsbaai) 34, 7. Cassie Swanepoel (Boggomsbaai) 34, 8. Van le Roux (Boggomsbaai) 34, en 9. Grove Koch (Riversdal) 34.
Die naaste aan die penne is deur Van le Roux op 8 en André Goetz 4/13, beide van Boggomsbaai gewen. Paul de Villiers het die enigste spogtwee behaal.
"Groot dankie aan JC Slagtery wat altyd ons naaste aan die penpryse borg. Jaco Swanepoel en Herman Kluyts het wyn geskenk vir pryse, en Anton Swart het twee bottels wyn geskenk wat uitgeloot is vir 'n bydrae tot die Kansa-fonds. Groot dank aan Riversdal-gholfklub vir die gebruik van hul fasiliteite. Grove Koch, René, Desirè en Shorty vir al hul hulp, kos en vriendelikheid," het Marius Loubser gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'