RIVERSDAL NUUS - Die Daneelbeker is op Saterdag 15 September op dié dorp aangebied.
Die gholftoernooi bestaan reeds vanaf 1935. Dit is 'n houespel-kompetisie wat oor 36 gate bepaal word.
Die volgende spanne het deelgeneem: Riversdal (614 houe); Heidelberg (643); Bredasdorp (648); Stilbaai (654); Swellendam (657) en Riviersonderend (669).
Riversdal wen die toernooi.
Die organiseerders bedank Anton Swart, Rola Ford en Riversdal-gholfklub wat die dag 'n groot sukses gemaak het.
Byron Goliath is aangewys as die speler van die dag met 'n gesamentlike telling van 150 (75+75). Samuel Vermaak het die beste 18 gate gespeel met een oor baansyfer (73).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'