RIVERSDAL GHOLFNUUS - Riversdal-gholfklub se lede is besig om hul gholfvernuf op te knap met die klubkampioenskap wat eersdaags plaasvind.
Die spelers sal Donderdag, 24 September om die titel as die 2020-klubkampioen meeding.
Die verdedigende klubkampioen, Garnet Damans is vol vertroue dat hy weer met die trofee gaan wegstap.
"Ek gaan my titel verdedig en daar is geen manier dat ek dit gaan afstaan nie," sê hy.
Dit is Damans se 18de jaar wat hy by dié gholfklub speel. Hy het die klubkampioentitel nog net een keer gewen.
• Lees meer aanlyn en in die koerant oor die kompetisie en die afgelope naweek se uitslae.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'