Gallery Update Video
ALBERTINIA GOLF NUUS EN VIDEO - Sestig spelers het die gholfdag ondersteun wat deur Albertinia-plaaswag op Saterdag, 17 April aangebied is en 'n paar spelers moes selfs weggewys word omdat die baan vol was.
Volgens Johan Wessels, voorsitter van die plaaswag was dit 'n heerlike, sonnige dag met musiek en braaivleis.
Die doel van die fondsinsameling was om LPR-kameras (licence plate recognition) aan te koop om sodoende die veiligheid in en om die dorp op te skerp.
Deur middel van die kameras kan inligting soos of dit 'n gesteelde voertuig is, dit in 'n misdaad betrokke was en allerlei ander noodsaaklike inligting verkry word. Soortgelyke kameras is reeds oral in Stilbaai en Riversdal aangebring.
Fotogalery: Albertinia-plaaswag hou gholfdag
Buiten plaaslike spelers was daar ook inskrywings vanaf die Kaap, George en Mosselbaai. "Dit was 'n lekker gesellige geleentheid en was in goeie gees gespeel," het Wessels gesê. Hy bedank die bestuur van die gholfklub en al hulle borge wat die dag moontlik gemaak het.
Die wenners van die beterbal stablefordkompetisie was Tiaan Harmse en Phillip Crouse (44).
Kyk 'n video hieronder:
Kaptein Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie slaan af. Die polisiestasie het ook 'n putjie geborg. Foto: Heinrich Fortuin
Hans Jurie Human is heel in sy skik met sy afslaan. Foto's: Mariska Visagie
Vorige artikel: Gholfdag lok baie spelers
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'