Die gholfdag het Saterdag, 9 Augustus by die plaaslike gholfbaan plaasgevind en 40 spelers het ingeskryf.
"Ons gemeenskap se harte is baie mooi en het Miernes waarlik ondersteun. God se genade het aan ons mooiweer besorg en dit was beslis 'n dag om te onthou - en te herhaal, want voortaan sal dit 'n jaarlikse instelling wees," aldus Sutherland.
Sy het bygevoeg dat die geld wat ingesamel was, broodnodig is en sy bedank elkeen wat deel daaraan gehad het, van die borge tot die deelnemers en almal wat gehelp het.
Die dag is op 'n vrolike noot met 'n heerlike dans die aand afgesluit.
Wenners
John-Charles Swart, graad 10-leerder van Hoërskool Langenhoven is as die algehele wenner van die dag aangewys. Hy is ook deel van Langenhoven se gholfspan.
Vanda Christian van Knysna is die dameswenner.
Die NG Wes-kerk se span het met die louere as bes geklede span weggestap.
Nellie Mulder en Jannie Goosen staan by Mari Geldenhuys, verteenwoordiger van Baleia Bay Wyne (middel),
hoofborg van die dag.
John Charles Swart en Vanda Christian
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'