RIVERSDAL NUUS - Grove Koch (21) het verlede Vrydag die Sundowner-kompetisie (individuele Stableford) gewen met Berto van Dyk (19) tweede plek, en Damian Juta (18) derde plek.
Die belowende junior Jean-Prieur du Plessis (18) was in vierde plek.
Christie Olivier (37) het Saterdag se individuele Stableford-kompetisie gewen met die klubkaptein, Frans Myburgh (37), tweede en Jannie Goosen (36) derde.
FOTOGALERY: Stableford-kompetisie in volle swang
Hugo Redelinghuys het die aksie gaan afneem vir Suid-Kaap Forum.
Fotos: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'