Hulle het op Bredasdorp kragte gemeet.
Laurence Moolman en Nicklaas Pietersen het vir Hessequa afgeslaan en die knoop deurgehaak met 'n telling van 5-3.
Die inisiatief vir 'n inter-munisipale gholftoernooi het ontstaan nadat Willie Prins van Hessequa Munisipaliteit en Ronald Jansen van Agulhas Munisipaliteit die potensiaal van gholfspelers in munisipale geledere raakgesien het.
Die doel is om beter bande te bewerkstellig tussen munisipaliteite en sodoende werksverhoudinge op te bou en kennis uit te ruil wat tot voordeel sal wees plaaslik, asook vir ander munisipaliteite betrokke.
Die uitvoerende burgemeester van Agulhas, Richard Mitchell en speaker van die raad, Eve Marthinus het die toernooi bygewoon.
Die volgende toernooi vind in Oktober in Hessequa plaas.
Die munisipale gholfspelers, van links: Daniel Philander, Laurence Moolman, Jacobus Michaels, Eve Martinus (Speaker; Kaap Agulhas Munisipaliteit), Nicklaas Pietersen, Eathan Du Preez, Willie Prins en Jerome Josephs.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'