Gallery Update Video
RIVERSDAL SPORTNUUS EN VIDEO - Met 27 spelers op die baan het Riversdal-gholfklub se spelers die afgelope naweek vir groot opwinding gesorg.
Weersomstandighede was in die guns van die spelers en 'n pragtige groen baan het Saterdag, 19 September se weeklikse Enkel Stableford-kompetisie meer aanloklik gemaak.
Ryno Stander het met 39 punte agter sy naam as wenner weggestap. Op 'n 35 punt uittel was Frederick van Dyk en Nel Mulder onderskeidelik tweede en derde met pragspel.
Fotogalery: Riversdal-gholfklub Enkel Stablefordkompetisie
Ulrick van Dyk het die voorste drie spelers se konsentrasie en vernuf op die proef gestel en vir 'n vierde plek 33 punte losgeslaan.
Die naweek het vir Werner van Niekerk goed afgeskop toe hy Vrydag, 18 September met 21 punte in die Sundowner-kompetisie as wenner weggestap het. Faffa Marais (19 punte) en Frans Myburgh (17 punte) het onderskeidelik die tweede en derde plekke ingeneem.
Kyk 'n video hieronder:
Paul de Villiers op die 15de bof tydens Saterdag, 19 September se Enkel Stableford-kompetisie in aksie met sy afslaan.
Gawie von Molendorff met 'n moeilike hou wat hy vanuit die sandkuil moes slaan.
Vorige artikel: Skittergholf in helder sonskyn
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'