Volgens Johannes Cronjé, Sanlam adviseur, was dit 'n lieflike dag vir gholf en bedank hy die gholfklub en in die besonder hul president, Jannie Gildenhuis en klubkaptein, Piet Gildenhuis dat hulle die baan beskikbaar gestel het en vir hul gasvryheid.
Die verskillende afdelingwenners was Pietie Uys (A-afdeling), Deon Uptom (B-afdeling) en Altus Joubert (C-afdeling) wat Sondag, 3 Augustus in George sal uitspeel.
Vanjaar is dit die 21ste keer wat Sanlam die Sanlam Kansa Uitdaagreeks aanbied en elke jaar minsens R3 miljoen aan Kansa oorbetaal. Heleen van Rensburg het Kansa by hierdie toernooi op Heidelberg verteenwoordig.
Die volgende toernooi vind Saterdag, 24 Mei by Stilbaai gholfklub plaas. Daarna is Ladismith op 14 Junie en Riversdal op 16 Junie aan die beurt.
Dié datums moet sommer nou reeds in sportmanne en -vroue se dagboeke aangeteken word. Belangstellende spelers van die verskillende dorpe kan Cronjé kontak by 082 493 2828 om hul plek te bespreek.

Van links is Altus Joubert, Deon Uptom, Johannes Cronjé en Pietie Uys.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'