RIVERSDAL GHOLFNUUS - Riversdal-gholfklub begin reeds die komende naweek met kompeterende spel.
Die gewilde jaarlikse Race2Wembley-kompetisie se eerste been sal Saterdag, 16 Januarie plaasvind.
Samuel Vermaak, die klub se sekretaris sê die volledige program vir die jaar se kompetisies is nog nie gefinaliseer nie. "Ons behoort sekerlik einde Januarie die program uit te bring," het hy gesê.
Vermaak sê baie vakansiegangers het tydens die feestyd spel op die baan geniet.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'