Badisa, wat verskeie projekte in die streek bedryf en baie goeie werk verrig, benodig altyd fondse en het goedgedink om in samewerking met die gholfklub, 'n gholfdag te reël.
Die klub ondersteun vyf welsynsorganisasies in Stilbaai deur die fasiliteite aan hulle beskikbaar te stel vir gholfdae en ook deur 'n gedeelte van die inskrywingsfooi aan die organisasies oor te betaal. Die dag was 'n groot sukses en groot dank is verskuldig aan Badisa se reëlingskomitee onder leiding van Vivian Thompson, wat gesorg het vir die pryse. Daar was in totaal 15 pryse en is daar ook 'n baie suksesvolle veiling van items gehou om fondse te genereer. Vir 'n eerste probeerslag was dit 'n goeie poging en sien die spelers uit daarna om in die toekoms weer aan die dag deel te neem en sodoende die organisasie te ondersteun.
Die eerste vyf wenners was as volg: Piet Groenewald in die eerste plek met 40 punte, Daan Toerien in tweede plek met 39 punte, Kadoems du Preez in derde plek 38 punte en Brian Anley in vierde plek 37 punte. Mignon Jonker het die damesprys met 37 punte verower.

Van links na regs, Kadoems du Preez, Piet Groenewald, Cornelia Gilomee (Stilbaai Badisa), Daan Toerien, Hentie van Heerden (Stilbaai Badisa), Vivian Thomspon en Hennie Slabbert (President, Stilbaai Gholfklub).