GHOLF NUUS - Families Suid-Afrika (Famsa) Outeniqua het op Donderdag 29 September hul jaarlikse gholfdag, ten bate van Famsa, by Kingswood-gholfbaan gehou.
Famsa is 'n niewinsgewende organisasie wat hoofsaaklik beradingsdienste lewer aan individue, paartjies en gesinne.
Die geld wat hierdie dag ingesamel is, word gebruik om dienste moontlik te maak aan mense in die gemeenskap.
"Ons het ongelooflike ondersteuning van die George-gemeenskap en George-sakewêreld ontvang. Ons wil graag PSG, Kingswood, die putjie borge, spelers en donateurs van pryse bedank vir hulle bydrae. Dankie dat julle die gemeenskap ondersteun en dit moontlik maak vir individue en gesinne om ondersteuning te ontvang," sê Famsa se direkteur Nicolette Buitendag.
Persone wat voel dat hulle nodig het om met opgeleide mense in vertroulike omstandighede te praat oor uitdagings in hulle lewe, is welkom om die Famsa-kantoor te skakel vir afsprake.
Die organisasie het kantore in die middedorp, Thembalethu, Pacaltsdorp, Blanco, Rosemoor en Conville.
Famsa se jaarlikse gholfdag het by Kingswood plaasgevind.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'