RIVERSDAL GHOLFNUUS - F Geyser het die afgelope naweek op 'n hoë noot begin toe hy Vrydag, 22 Januarie die Riversdal-gholfklub se Sundowner-kompetisie met 22 punte agter sy naam gewen het.
M Booysen (21 punte) was tweede en kort op Geyser en Booysen se hakke het G Koch met 20 punte die derde plek losgeslaan.
Saterdag, 23 Januarie se enkel stableford-gholfdag is deur B Crous (38 punte) gewen. C Sharwood en K van Rensburg het op 'n 36 punte uittel die tweede en derde plekke ingeneem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'