HESSEQUA NUUS - Garnet Damans van die Riversdal-gholfklub is so pas by die polisie se nasionale kampioenskap, wat by Plettenbergbaai aangebied is, as hul nasionale kampioen gekroon.
Hy beklee ook nou die nommer een posisie op die polisie se nasionale ranglys.
Garnet het die Wes-Kaap verteenwoordig en is ná afloop van die kampioenskap in die polisie se nasionale span opgeneem wat in Februarie aanstaande jaar aan die intermagte toernooi in Bloemfontein gaan deelneem.
Die Wes-Kaap het ook goud gewen en het as die topspan by die kampioenskap afgesluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’