RIVERSDAL NUUS - Colin Sharwood het die groot slaners by die Riversdal-gholfklub op hul neuse laat kyk en die houespelkompetisie Saterdag 4 Junie met 'n telling van 66 houe gewen.
Lewellyn Goliath (69) het in die tweede plek ingeskuif en Mark Stander (69) was derde.
Die klub se nommereen speler, Garnet Damons (69) was algeheel vierde gevolg deur Frans Myburgh (71) vyfde en Anton le Roux (71) in die sesde plek.
Marco Booysen volg sy bofhou op die agtste putjie.
Basie Nortjé in aksie op die agtste putjie.
Colin Sharwood het Saterdag se houespel met 66 houe gewen.
Josef Botes speel 'n lastige plofhou suksesvol uit die sandput op die agtste.
Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Tuinroete nuus'