ALBERTINIA GHOLFNUUS - Twee gholfspeler-broers, Jannie en Hans-Jurie Human van Albertinia het mekaar Saterdag, 21 November vir die eerste en tweede plekke opgedreun tydens die plaaslike klub se jaarlikse klubkampioenskap.
Die broers het gelykop geëindig en moes putjies 3, 4 en 5 speel, waarna Jannie as wenner uit die stryd getree het.
Volgens die broers se ma, Helena het Jannie reeds op tweejarige ouderdom met die soplepel gholf in die huis gespeel. Hy is sedert 2015 al deel van die Suid-Kaap-gholfspan en is lid van die Suid-Kaap junior gholfunie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'