Buiten die plaaslike baljoggies het spelers van George, Boggomsbaai, Fancourt, Knysna, Mosselbaai en Plettenbergbaai hul vernuf op die gholfbaan ten toongestel. Die gasheerspan was 13 punte agter Plettenbergbaai, die voorlopers en het hul met puik spel drie punte ingehaal, maar danksy skitterspel deur Cleveland Zana kon hulle nie die agterstand verder laat krimp nie.
Daar bly egter nog twee rondtes oor en sal die plaaslike spelers alles insit om weer as kampioene gekroon te word.
Die Groswenners was Greg Petersen met 73 houe, met Neil Jacobs en Tokkie Hartnickin gesamentlik in die tweede plek met 77 houe. Die Nett-wenners was Zana met 49 Stablefordpunte, Andrew du Toit (45) en Warren Williams (44). Tydens die prysuitdeling het mnr. Tannah Harris, president van Suid-Kaap gholf unie, die spanne bedank vir hul positiewe sportmanskap tydens die kompetisie en hul aangemoedig om hul goeie spelpeil te handhaaf.
Die huidige puntestand is soos volg: 1) Plettenbergbaai, 1 298; 2) Heidelberg, 1 288; 3) Fancourt, 1 267; 4) George, 1 249; 5) Mosselbaai, 1 211; 6) Boggomsbaai, 1 198 en 7) Knysna, 1150.

Heidelberg gholfklub se baljoggies beklee tans die tweede plek op die punteleer.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg | Hessequa nuus'