Warriors het met 2-0 in die eerste derbywedstryd van die seisoen geseëvier.
Die rustydtelling was 0-0. Die wedstryd is in die eerste helfte veral gekenmerk met harde keerwerk aan beide kante en is verbete in die middeveld om besit meegeding.
Die Warriors het egter in die tweede helfte die oorhand in die middeveld gekry en het die doelskieter, Damian Schietekat beide pragdoele aangeteken.
United het egter nie slap gaan lê nie, maar uitstekende verdediging deur Warriors het hulle weerhou om enige doele aan te teken.

Warriors sokkerklub se spelers saam met twee van hul bestuurslede na hul sege oor hul artsvyande, Heidelberg United sokkerklub.
ARTIKEL EN FOTO: CLIVE PRETORIUS