Warriors het met 2-0 in die eerste derbywedstryd van die seisoen geseëvier.
Die rustydtelling was 0-0.
Die wedstryd is in die eerste helfte veral gekenmerk met harde keerwerk aan beide kante en is verbete in die middeveld om besit meegeding.
Die Warriors het egter in die tweede helfte die oorhand in die middeveld gekry en het die doelskieter, Damian Schietekat beide pragdoele aangeteken.

Die nuutgestigde Warriors-sokkerklub het koning gekraai in hul derbywedstryd Sondagmiddag, 21 April toe hulle met hul aardsvyande, Heidelberg United sokkerklub afgereken het.