ALBERTINIA NUUS - Die Local Football Association (LFA) sokkerliga het Saterdag 22 Julie met vier spanne op dié dorp afgeskop.
Agt klubs in die Hessqua-streek neem aan die kompetisie deel. Die klubs doen 'n beroep op die gemeenskap om hul wedstryde by te woon en te ondersteun.
Die deelnemende spanne is Albertinia United, Young Spurs (Riversdal), Zama-Zama (Riversdal), Riversdal Progress, Warriors FC (Heidelberg), Heidelberg FC, Young Stars (Riversdal) en United Brothers FC (Riversdal).
In die eerste rondte verslaan Young Spurs vir Albertinia United met 7 doele teenoor 2; Zama-Zama teken drie doele teenoor Riversdal Progress se een doel aan.
In die tweede rondte teken Young Spurs drie doele teenoor Riversdal Progress se twee doele aan; Zama-Zama oorwin met 10 doele teenoor Albertinia United se een doel. Warriors, United Brothers, Heidelberg FC en Young Stars het nie vir hul wedstryde opgedaag nie.
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT