ALBERTINIA NUUS - Progress United (FC) Football Club van Riversdal het Sondag 10 Junie in 'n Hessequa-LFA wedstryd Albertinia (FC) Football Club 6-0 gewen, asook hul behoorlik 'n sokkerles geleer.
Die Riversdallers het 'n briljante wedstryd gehad, maar by tye moes afrigter Terence Prins maar sy stem dik maak vir die welkome uitslag.
Albertinia kon nie 'n enkele doel aanteken op hulle eie tuisveld nie. Austin Kinear het hom goed van sy taak gekwyt en was altyd goed met die bal.
Hy het 3 pragtige doele vir sy span aangeteken, asook Andrew Jacobs (1), Ziaan van Rensburg (1) en Diego Flores (1).Volgens Prins is hy baie trots op die jonges, want hulle gee alles vir 'n oorwinning.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'