Wessels was deel van die 5-gang WP Ruiterkunsspan wat vanaf 2 tot 5 Desember 2013 aan die proewe deelgeneem het.
Dié WP-span het teen die ander provinsies meegeding en die 5-gang kompetisie gewen.
Lefébre Rademan, ook 'n graad 12-leerder van Langenhoven, was deel van die 3-gang WP Ruiterkunsspan wat ook geseëvier het.
Die Westelike Provinsie het uitstekend gevaar om beide trofeë te verower. Mev. Lynette Gerber was die spanbestuurder.
_578127206.jpg)
Die WP-span is van links agter Ingemar Snyman (senior Proteaspan, 3-gang en 5-gang), Madine Dercksen (junior Proteaspan, 3-gang en 5-gang), Danielle Dercksen (junior Proteaspan, 3-gang en 5-gang) en Lefébre Rademan. In die middel van links is Sumarie Genade, Calize Bosman (senior Proteaspan, 3-gang en 5-gang) en Joy-Mare Wessels (junior Proteaspan, 5-gang). Die meeste van hierdie ruiters gaan aan die Riversdal Landbouskou vanaf 19 tot 22 Februarie deelneem.Voor sit hul afrigter, Jacques Wiggins
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'