HEIDELBERG NUUS - Heidelberg United-krieketklub het Saterdag soete wraak geneem teen sy aartsvyand, Riversdal, en die SWDK Badgers Six Gun Grill Promosieligawedstryd met drie paaltjies gewen.
Met dié sege het hulle ook die gesogte Leonard Hurling-wisseltrofee verower wat hulle jaarliks om meeding.
Riversdal is vir 'n skamele 114 lopies uitgeknikker wat Heidelberg se kolwers redelik maklik kon aanteken.
Garth Pieterse (Heidelberg) is ná sy blink vertonings met die bal en kolf as die speler van die wedstryd aangewys.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'