HESSEQUA NUUS - Heidelberg United-krieketklub moes Saterdag 23 November maar weer met leë hande huis toe gaan. Hulle kon nie Riversdal-krieketklub klop om die gesogte Leonard Hurling-trofee te verower nie.
Riversdal, wat die loot gewen en besluit het om eerste te kolf, het met 27 lopies gewen. Hulle is vir 187 lopies almal uit na 39,5 beurte.
United se swak boulkeuses, verbroude vangkanse en swak kolfwerk het grotendeels tot hul eie nederlaag bygedra.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'