STILBAAI NUUS - Dit was witwarm krieket toe Bertie Barnard en Batman and Bowler mekaar Woensdag 28 Februarie gepak het.
Bertie Barnard is eerste ingestuur om te kolf en hulle is behoorlik gepeper met wipballe en reguit balle, maar hulle het kop gehou en uiteindelik klaargemaak met 'n skaflike 125 lopies.
Batman and Bowler het nie op hulle laat wag nie en vinnig weggespring, maar hulle kon uiteindelik net 77 lopies aanteken.
Berties het dus die wedstryd gemaklik gewen en hulle het duidelik planne om deur te dring na die finaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’