STILBAAI NUUS - Alonza Investments en Son Of A Pitch het mekaar Dinsdagaand 22 Oktober met mening gepak.
Son Of A Pitch het eerste gekolf, maar die akkurate boulwerk van Alonza het hulle redelik gekortwiek.
Toe Alonza begin kolf het Ben Vorster en sy span hulle bes probeer, maar Alonza se kolwers was op hulle beste en het die balle met gereelde tussenposes oor die grenslyn gedryf.
Alonza, die vorige toernooi se kampioene, gaan weereens moeilik gestuit word en hulle is beslis 'n span om dop te hou in die volgende paar weke.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’