RIVERSDAL NUUS - Riversdal-krieketklub het Saterdag, 19 Februarie in hul wegwedstryd teen Thembalethu die tuispan eenvoudig platgeloop om met twee paaltjies koning te kraai in hul SWDK Six Gun Grill Promosie A-ligawedstryd.
Die tuisspan het eerste gaan kolf en is vir 'n skamele 91 lopies almal uitgeboul vanaf 24 boulbeurte.
Net Ayabonga Khitshini met 42 lopies vanaf 61 balle (4x4) en Mthobeli Bangindawo met 10 lopies vanaf 25 (1x4) kon hond haaraf maak.
Vir Riversdal het Byron Esau met sy 4/29 na 9 beurte met die bal uitgeblink. Jason van Rensburg met 2/23 met 1 leeg na 6 beurte, Marvin Kortjé met 2/18 na 4 beurte en Mmarcello Wessels met 1/ na 3 beurte het ook goed ondersteun.
Riversdal is die teiken van 92 lopies in hul toegelate 50 beurte gestel en dit het hulle na 21.5 beurte vit 92 lopies vir die verlies van agt paaltjies bereik.
Vir Riversdal het Van Rensburg met 18 nie uit vanaf 45 balle en Lendl Evertse ook met 18 lopies nie uit vanaf 8 balle (4x4) die beste met die kolf gevaar. Esau met 16 vanaf 31 balle (2x4) en Herschelle Pieters met 11 lopies vanaf 32 balle (1x4) het ook dubbelsyfers behaal.
Vir die tuisspan het Anoxolo Khitshini met 4/18 met 2 leeg na 8 beurte en Bangindawo met 3/39 na 5 beurte die beste met die bal gevaar.
Sibabalwe Msi met 1/18 met 1 leeg na 5.5 beurte het ook sy deel met die bal bygedra.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'