MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die plaaslike krieketklub het Saterdag 27 Oktober hul SWDK Promosie Hessequa-stroom tuiswedstryd teen Albertinia op ’n drafstap gewen.
Die tuisspan het eerste gaan kolf en is met hul telling op 92 lopies na 24 beurte weer terug in die kleedkamer.
Die veteraan, Jonathan Michiel met 23 lopies (5x4) het die beste gevaar.
Die besoekers is vir ’n skamele 69 lopies na 20.4 beurte uitgeboender.
Slegs Bertram Kiewiet met 11 lopies (1x4) het dubbelsyfers behaal.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'