Update
MELKHOUTFONTEIN KRIEKET-NUUS - Die plaaslike krieketklub het Saterdag 27 Oktober hul SWDK Promosie Hessequa-stroom tuiswedstryd teen Albertinia op 'n drafstap gewen.
Die tuisspan het eerste gaan kolf en is met hul telling op 92 lopies na 24 beurte weer terug in die kleedkamer.
Die veteraan, Jonathan Michiel met 23 lopies (5x4) het die beste gevaar. Net Monré Saayman met 17 (3x4), Saul Pietersen met 13 (3x4) en Timothy Plaatjies met 10 (1x4) kon dubbelsyfers behaal.
Die besoekers wat net 93 in hul toegelate 50 beurte moes aanteken, kon nie hond haaraf maak nie en is vir 'n skamele 69 lopies na 20.4 beurte uitgeboender. Slegs Bertram Kiewiet met 11 lopies (1x4) het dubbelsyfers behaal.
Vir Melkhoutfontein het Kelvin Malgas met 6/28 met 0 leeg na 7.4 beurte met die bal uitgeblink. Peter-John Petersen met 2/13 met 1 leeg na 6 beurte en Reagan Deutchen met 1/2 met 2 leeg na 3 beurte het die ander paaltjies platgetrek.
Die plaaslike krieketklub het Saterdag 27 Oktober hul SWDK Promosie Hessequa-stroom tuiswedstryd teen Albertinia op 'n drafstap gewen.
Lees 'n vorige artikel: Melkies ransel Albertinia af
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'