Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Ses-’n-kant krieket vir KANSA is reeds goed op dreef en ’n lekker gees heers onder die spanne.
Hessequa-munisipaliteit, in samewerking met KANSA bied reeds van Maandag 1 Oktober tot Vrydag 26 Oktober ’n ses-’n-kant krieket toernooi aan.
Met die B-afdeling het B4L eerste gekolf en ’n totaal van 89 aangeteken om te verdedig.
Legend Killers was egter baie goed met die kolf en het die wedstrdyd gewen om deur te dring na die halfeindronde.
Van Voorwaarts en Wild Cats het Voorwaarts eerste gekolf en ’n totaal van 112 lopies aangeteken, met Chriswin Slingers wat puik gevaar het met die kolf. Wild Cats het in hul kolfbeurt van die begin af gelyk soos ’n span wat wou wen en het die totaal gemaklik afgeslaan om die wedstryd te wen.
Wild Cats speel dus Woensdagaand in die halfeindronde teen Legend Killers.
Van Voorwaarts en Wild Cats het Voorwaarts eerste gekolf en ’n totaal van 112 lopies aangeteken.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'