ALBERTINIA NUUS - Hoërskool Albertinia het sy onlangse krietketkragmeting teen Gerrit du Plessis Senior Sekondêr van Riversdal met een paaltjie gewen.
Die wedstryd het op die Albertinia-sportgronde plaasgevind.
Albertinia het die loot gewen en die besoekers ingestuur om eerste te kolf. Gerrit du Plessis kon slegs 40 lopies in sy kolfbeurt aanteken. Johan van Zyl (10) en Curlynn Groenewald (6) was Albertinia se beste kolwers.
Aiden Jacobs (3) en Eathan Prins (3) was Gerrit du Plessis se beste kolwers.
Rozard Petersen maak skouers oop.
Aiden Jacobs draf vinnig deur vir 'n enkellopoie.
Aiden September word skoongeboul.
Enzalin Pietersen (Hoërskool Albertinia) kerf die bal aan sy bykant.
Hoërskool Albertinia se eerste krieketspan het Gerrit du Plessis van Riversdal met een paaltjie geklop.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’