Alles het op die skool se veld onder spreiligte plaasgevind. Sewe spanne het aan die krieketkompetisie deelgeneem. 'n Rondomtalie is gespeel waarna die finale plaasgevind het.
Die wenners na 'n super boulbeurt aan die einde is Heidelberg Vlakte. Riversdal Vlakte het die tweede plek ingeneem, Bali Trading is derde, Nico Uys vierde, Pieter Steenkamp het die vyfde plek verower en Joe Flanigan is sesde.
Dawie le Roux se naam is sinoniem aan hierdie toernooi. Sy ywer en entoesiasme word altyd raakgesien in die keurige aanbieding van die wedstryde. Okkie Verwey moet dank en eer ontvang vir die ongelooflike goeie voorbereiding van die kolfblaaie en speelveld. Daar word reeds uitgesien na volgende jaar se toernooi wat groter blyk te wees as vanjaar. Diegene wat belangstel, kan solank hul besonderhede regkry en vir Dawie laat weet.
Die Heidelberg Vlakte span bestaan uit Ben Coetzee, Pietman Uys, Thys Rall (kaptein), Pietie Uys, Pieter Janse Gildenhuys en Pieter Willem Gildenhuys.