RIVERSDAL NUUS - Corné Kennedy van die Hoër Landbouskool Oakdale is ná afloop van die onlangse Hoërskool Punt-krieketfees gekies vir die Travel and Sport-uitnodigingspan wat in April en Mei 2025 'n kriekettoer na Indië gaan onderneem.
Die span word jaarliks gekies deur ‘n keurpaneel vanuit spelers wat tydens die Punt-krieketfees gepresteer het.
Corné het met 'n skitterende veelsydige vertoning met die bal en kolf die oog gevang en bewys dat hy 'n sleutelspeler vir die span sal wees.
Kennedy en Adriaan van der Merwe, ook van Oakdale, is ook ingesluit in die Garden Route Badgers se o. 19-span wat van 16 tot 20 Desember vanjaar aan Krieket Suid-Afrika (KSA) se Khaya Majola nasionale toernooi in Kaapstad gaan deelneem.
Nóg 'n Oakdaler, Harri Venter, is gekies vir die Garden Route Badgers o. 16-span wat van 10 tot 14 Desember aan die KSA se nasionale o. 16-toernooi in Pretoria gaan deelneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’