Gallery
STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard en Voorwaarts Primêr het onlangs in Stilbaai op die krieketveld kragte gemeet.
Voorwaarts het in hul toegelate 20 boulbeurte 112 lopies aangeteken waarna Bertie Barnard se kolwers die wenlopies in die 17de boulbeurte geslaan het met net vier kolwers terug in die pawiljoen.
Bertie Barnard wen dus met ses paaltjies.
Vir die wenspan het Adam Bekker die beste met die kolf gevaar deur 29 lopies van net 28 balle te slaan. Hy het ook drie paaltjies in net vier boulbeurte ingeoes vir 'n puik veelsydige vertoning.
Vir Voorwaarts het Samwille van der Berg 'n blitsige 37 lopies van net 29 balle gemoker.
Heinrich Fortuin het vir Suid-Kaap Forum se aksie gaan vasvang met sy kamera.
FOTOGALERY: Krieket: Laerskool Bertie Barnard teen Voorwaarts Primêr
Jonathan Hendricks (Voorwaarts) word deur sy spanmaats opgetel nadat hy 'n paaltjie ingeoes het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'