STILBAAI NUUS - Die dorpsveld in Stilbaai was Sondag die 2de Februarie die ene bedrywigheid met nie minder as vier krieketwedstryde van die Bertie Barnard sosiale krieketliga wat afgehandel is.
Die oggendwedstryde was tussen Cricket 201 en Alonza Investments waarna Die Kelders teen Stilfishing gespeel het.
Alonza kon net-net daarin slaag om Cricket 201 te wen, maar Stilfishing was veels te sterk vir Die Kelders.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’