Update
HESSEQUA ATLETIEK NUUS - 'n Hele klompie lede van Langeberg-atletiekklub het tydens hul onlangse algemene jaarvergadering toekennings ontvang.
Die vergadering het op 25 Januarie plaasgevind.
Die ledetal het in die vorige jaar met 106 lede gegroei.
Een van die hoogtepunte op hul kalender was die Vlakte-marathon, waarvoor 987 deelnemers ingeskryf het.
Die klub het met dié geleentheid R12 000 ten bate van Kansa ingesamel.
Toekennings:
- Sportman van die jaar - Johan Stemmet
- Sportvrou van die jaar - Wendy Joubert
- Sportgees van die jaar - Lientjie de Beer
- Strava-toekenning - Danie Geldenhuys
- Inspirasie vir die jaar - Helana du Toit
- Beste vordering vir die jaar - Mari Gunter.
Johan Stemmet, Danie Geldenhuys, Wendy Joubert, Lodelia Odendaal, Analie Heyns, Lima Eksteen, Mari Gunter, Matthys Heyns, Callie Jordaan, Estelle Swart, Tina Bredenhann, Redowaan Mert en Louis Booysen het ook erkenning vir voltooiing van die 2019 Comrades ontvang.
Van links: Lientjie de Beer, Helana Lubbe, Wendy Joubert en Danie Geldenhuys.
Lede en atlete wat die vergadering bygewoon het.
Van links: Redowaan Mert, Matthys Heyns, Analie Heyns, Wendy Joubert, Callie Jordaan en Danie Geldenhuys.
Vorige artikel: Langeberg-atletiek erken prestasies
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'