Boshoff Visser was vanjaar die hoofborg en die wedloop is gereël deur Langeberg Atletiekklub in samewerking met die Witsand feeskomitee.
Volgens Nico Steyn, voorsitter van Langeberg Atletiekklub was die 42.2km die groot gunsteling onder die deelnemers met 'n inskrywingsgetal van 138 atlete wat die pad vanaf Heidelberg na Witsand aangedurf het. Ongeveer 125 atlete het by Zoutpan die 21.1km voltooi en 134 atlete en stappers die 10.4km by Vondeling. "'n Rekord totaal van 402 atlete het ingeskryf vir die 14de Vlakte Marathon. Baie geluk aan Estelle Swart, Arina Cilliers en Eddie Mouton vir hul tiende Vlakte Marathon", het Steyn bygevoeg.
Uitslae 42.2km: Mans Ope: 1. Jumet Witbooi - 2:34.20; 2. Sivuyle Jika - 2:48.42; 3. Melikhya Msizi - 2:52.13. Dames Ope: 1. Adele Waldron - 3:06.53; 2. Nancy Cloete - 3:08.00; 3. Jana Trojan - 3:13.14. Veterane Mans (40 tot 49): 1. Anton Chevalier - 2:57.00. Veterane Dames: (40 tot 49): 1. Adele Waldron - 3:06.53. Mans Meester: (50 tot 59): 1. Selwyn Losper 2:59.08. Dames - Meester: (50 tot 59): 1. Lorraine Rodgers - 3:52.09. Mans Grootmeester: (70+): 1. Gary Ruston - 3:49.32.
21.1km: Mans Ope: 1. Alfonzo Pieterse - 1:11.37; 2. Sipho November - 1:12.39; 3. Julius Korkee - 1:25.08. Mans Veterane (40 tot 49): 1. Alfred Nise - 1:28.34. Mans Meester (50 tot 59): 1. Gary Britz - 1:33.59. Mans Grootmeester (60+): 1. Jan du Toit - 1:41.21. Dames Ope 1. Lisa-Marie Gilomee - 1:37.42; 2. Carla Beyers - 1:38.26; 3. Jo-anne van Dyk - 1:45.25. Dames Veterane (40 tot 49): 1. Marinda Pheiffer -1:54.44. Dames Meester (50 tot 59): 1. Dawn Saunders - 1:51.53. Dames Grootmeester (60+) 1. Sue Raymer - 2:04.09.
10.4km: Mans Ope: 1. Godwin Heyns 36.12; 2. Allentino Kleinhans - 36.29; 3. Elton Botha - 38.55. Dames Ope: 1. Cecile Nel - 44.57; 2. Rachelle Basson - 52.26; 3. Annelize Striecher - 57. 36.
Uitslae - atlete van Langeberg Atletiekklub
42.2km: Danie Geldenhuys 3:38.43; Lima Eksteen - 3:58.43; Attie Heyns - 4:20.58 en Mattheys Heyns - 4:20.58.
21.1km: Justin Marais - 1:18.39; Koos Viviers - 1:41.41; Michelle Kluyts - 4:49.29; Judi Botha - 1:52.30 en Bob Reich -1:58.05.
10.4km: Marco van den Bergh - 57.36; Charmaine Viviers - 1:04.51; Ross Reich - 1:26.09 en Carol Finley - 1:34.59.
Steyn het afgesluit met: "Welgedaan aan al die atlete. Die Vlakte Marathon organiseerders wil ook hul dank uitspreek aan al die atlete vir hulle deelname en ons hoop om hulle weer volgende jaar te sien."

Jumet Witbooi, Sivuyle Jika en Melikhya Msizi.

Lisa-Marie Giliomee en Carla Beyers.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'