HEIDELBERG NUUS - Die Vlakte-marathon en halfmarathon word ten bate van Kansa vanjaar op Saterdag 24 November aangebied.
Dié marathon sal van Heidelberg tot Witsand/Port Beaufort plaasvind. Deelnemers sal tussen 42,2 km, 21,1 km, 10,4 km en 5 km-pret draf kan kies.
Kosstalletjies en vermaak vir kinders sal deur die dag beskikbaar wees.
Wegspringtye en -plekke is soos volg:
- 42,2 km: 05:00 Hoërskool Heidelberg-sportterrein.
- 21,1 km: 06:00 Zoutpan halfpad op die R323 Witsand.
- 10,4 km: 07:00 Vondeling Primêr
- 10 km van Witsand op die R323.
- 5 km: 08:00 Groen skuur 2 km van Port Beaufort/Witsand op die R323.
Wedlope se eind-streep sal almal in Witsand wees.
Om aanlyn in te skryf en meer inligting oor vervoer na wegspringpunte te kry, besoek www.aswd.co.za of vir verdere inligting skakel Nico Steyn by 083 226 3091 of 028 722 1192.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'