STILBAAI NUUS - 'n Trailrun ten bate van Jagersbosch Gemeenskap Dienssentrum sal plaasvind op die vakansiedag Maandag 17 Junie 2024 om 08:00 in Stilbaai.
Daar gaan 'n 16 km en 5 km roete wees en dit gaan dele insluit van die Parkrun, NSRI 10km en Hessequa Erfenisroete.
Die roete is baie spesiaal en sluit 'n melkhout woud, staproetes, kort stukke op die strand, 'n paar heuwels en die ikoniese Stilbaai Wes strand in.
Die wegspring en eindpunt is by Hulle by die See, die ou Lapskuit, en alle inskrywingsgeld gaan aan Jagersbosch.
Daar kan alreeds ingeskryf word by: Pre Ninja of jy kan skakel met Nico Steenekamp by 083 264 3071.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’