STILBAAI NUUS - Stilbaai hou jaarliks op 1 Januarie 'n spesiale Parkrun wat heelwat belangstelling lok.
Hierdie jaar was daar nie massas mense nie, maar die bittereinders het wel opgedaag om hulle vyf kilometer te stap en draf op een van die mooiste roetes in die land.
Daar was selfs iemand met sy arm in 'n hangverband.
Hoogwater het die roete ook gladnie maklik gemaak nie, maar die hardlopers het 2024 vol vreugde en energie aangepak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’