STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-parkrun was Donderdag,15 Januarie, 'n volle vier jaar oud.
Die heel eerste parkrun is op 15 Januarie 2022 gehardloop en oor die afgelope vier jaar het die gemiddelde deelname jaarliks gegroei.
In die eerste jaar was dit 97, toe 111 in jaar twee, 139 in jaar drie en die vierde jaar 149.
Gedurende die Desembervakansie is daar natuurlik heelwat meer deelnemers, en dan daag daar maklik meer as 400 mense op.
Hoe kan dit anders wees op so 'n pragtige roete?
Elke Saterdagoggend, ongeag die weer, sal jy die nimmereinders om 08:00 by Stilbaai-Wes se strand kry.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’