STILBAAI NUUS - Dit is amper tyd vir een van Stilbaai se gunsteling-jaareindtradisies.
Die NSRI se 5 km- en 10 km-wedlope vind vanjaar vir die 18de keer plaas op Woensdag, 31 Desember. Alle hardlopers en stappers word uitgenooi om deel te neem en sodoende die NSRI se Stasie 31 te ondersteun.
Beide wedlope begin om 07:00 by die Stilbaai-Wes-strand se parkeergebied, dieselfde vertrekpunt as die parkrun, en eindig by die NSRI-gebou by die hawe.
Die 10 km-wedloop sluit af met 'n pragtige roete deur 'n melkhoutboomwoud.
Die prysuitdeling vind om 09:00 by die NSRI-gebou plaas, en deelnemers wat vir pryse kwalifiseer, word versoek om teenwoordig te wees.
Pryse is slegs van toepassing op die 10 km-wedloop, en deelnemers kom slegs in aanmerking indien hulle aanlyn of op die aand van 30 Desember inskryf.
Daar is pryse vir mans- en vrouewenners, juniors (o.20), veterane, meesters en grootmeesters.
Skryf aanlyn in by EntryNinja.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’