Geldenhuys en Eksteen het Maandag reeds van Durban af teruggekeer, terwyl Keyser besluit het om van die geleentheid gebruik te maak om 'n rukkie vakansie te hou. Vanjaar se roete was afdraende (down run) vanaf Pietermaritzburg tot Durban, 'n totale afstand van 89.28 kilometer. Dit was Eksteen se sewende Comrades en Geldenhuys se eerste.
Volgens Eksteen is daar niemand anders in haar familie wat hierdie marathon al aangepak het nie, maar doen sy dit om vir die Here dankie te sê vir al die voorregte wat sy het. "Die Comrades leer 'n mens om nederig te wees en te bly," het sy gesê. Ander ma-rathons waaraan sy vanjaar deelgeneem het, is die Kango marathon oor 42.2km op Oudtshoorn en die Two Oceans in Kaapstad oor 56km.
Die hardloopgogga het Geldenhuys ongeveer twee jaar gelede gebyt en hy het eers met 'n 10km-afstand begin, daarna 'n halfmarathon en toe 'n vol marathon voor hy besluit het om die Comrades aan te pak. Die Riversdal Vlakte-marathon oor 42.2km was sy kwalifiserende wedloop en dit moes onder vyf ure voltooi word, wat hy in 3:46 gedoen het. "Ek sal beslis volgende jaar weer deelneem, want nie net sal ek dan my 'Back to back' medalje kry nie, maardit is ook die Comrades se 90-jaar reünie," verduidelik hy.
Suid-Afrika se Bongmusa Mthembu het sy eer-ste Comrades Marathon oorwinning behaal in 'n tyd van vyf ure, 28 minute en 34 sekondes.
Lima Eksteen en Danie Geldenhuys het nog genoeg krag oorgehad na die Comrades om vir die koerantfoto te draf.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'