Update
HEIDELBERG NUUS - Rekords het tydens die jaarlikse Vlakte-marathon gespat wat op Saterdag 25 November plaasgevind het.
Langeberg-atletiekklub bied die marathon aan en samel elke jaar geld ten bate van Kansa in.
'n Tjek van R10 000 is Saterdag aan hulle oorhandig. Die Vlakte-marathon is 'n kwalifiserende marathon vir die Comrades, wat 'n groot trekpleister is vir atlete wat inskryf.
"Wat die wedloop spesiaal maak, is al die vrywilligers wat help. Daar is 13 waterpunte op die pad.
"Elke 3 km op die 42,2 km-afstand en dit word net vrywilligers beman," sê Lee-Anne Stoffberg. Sommige waterpunte is deur maatskappye en ander punte deur mense wat dit in hul privaat hoedanigheid doen. Hoërskool Heidelberg en Kairos Senior Sekondêr het ook elke jaar 'n punt.
"Heidelberg se mense staan regtig saam om 'n groot byeenkoms aan te bied wat atlete van oor die Wes-Kaap trek."
Rekords
• 10,4 km mans: Justin Claasen (Durbanville Atletiekklub) - 36:40
• 10,4 km vroue: Chante van der Merwe (tydelike nommer) - 44:09
• 21,1 km mans: Lloyd Bosman (Nedbank SWD) - 01:06:31
• 21,1 km vroue: Melissa van Rensburg (Nedbank SWD) - 01:24:58
Die marathon het van 760 atlete in 2016 gegroei na 'n totaal van 906 in 2017 (al vier die wedlope saam):
5 km - 13, 10,4 km - 293, 21,1 km - 234 en 42,2 km - 248.
Langeberg-atlete wat aan die 42,2 km deelgeneem het is agter, van links: Danie Geldenhuys, Lientjie de Beer, Elona Keyser, Isabel Cronje, Helana du Toit, Lodelia Odendaal, Matthys Heyns en WJ du Toit. Middel: Analie Heyns, Garth Hume, Loura Klinck en Lima Eksteen. Voor: Tina Bredenhann.
Die klub se kategoriewenners
10,4 km
Linelle Whitehead 52:45:00, Celeste van Wyk 53:25:00, Sophia Terblanche 57:46:00, Driekus Crous 58:15:00, Helmien de Jager 01:06:37, Cornelia Giliomee 01:11:44, Junita Coetzee 01:17:33, Marilise Oosthuizen 01:17:33, Henriette Janse van Rensburg 01:19:49, Ros Reich 01:28:37, Inge Schreve 01:31:15, Elizabeth Steyn 01:36:24.
21.1 km
Justin Marais 1:12:45, Wendy Joubert 1:43:23, Michelle Kluyts 1:50:52, Aldu Duminy 1:51:59, Barend Swart 1:52:16, Gerdus Steyn 1:55:06, Marina Fourie 1:58:13, Anthony Steven 1:59:35, Louis Aucamp 2:06:54, Jurie Fick 2:08:01, Michelle Martin 2:10:18, Bernard Pieters 2:12:46, Charmaine van Deventer 2:18:42, Jenni-Lyn Napier 2:20:01, Gert Janse van Rensburg 2:20:56, Amouret Cornthwaite 2:34:11, Jessica Stanleigh 2:45:38,
42.2 km
Danie Geldenhuys 3:29:03, Willem du Toit 3:31:39, Analie Heyns 3:34:50, Lodelia Odendaal 3:35:42, Elona Keyser 3:35:59, Matthys Heyns 3:37:43, Helena du Toit 3:46:40, Garth Hume 3:53:41, Henry Michaels 4:11:11, Lientjie de Beer 4:13:02, Loura Klinck 4:18:28, Erastina Bredenhann 4:22:51, Lima Eksteen 5:13:39, Isabel Cronje 5:15:22.
Lees 'n vorige artikel: Rekords spat by Marathon
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'