STILBAAI NUUS - Phillip Maree het Saterdag 30 Maart die Stilbaai-parkrun rekord verbeter met 'n tyd van 17:50.
Hy het dit opgevolg Saterdag 13 April met 'n tyd van 18:01 wat netso merkwaardig is, want dit was hoogwater en die roete word dan baie vernou en dele is dan op los sand.
Phillip is oorspronklik van Pretoria, maar verdien sy brood en botter in Noorweë.
Sy ouers woon al 10 jaar in Stilbaai-Oos en as hy die geleentheid kry om te kom kuier hardloop hy die parkrun.
Hy het al 118 parkruns gedoen waarvan vyf in Stilbaai was.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’