STILBAAI NUUS - Parkrun in Stilbaai is 'n ernstige storie.
Selfs nie eens gietende reën kon die fanatiese hardlopers Saterdag, 9 Desember, weghou van die Stilbaai Parkrun nie.
Alhoewel meeste van hulle onder die gazebo geskuil het tot hulle wegspring, het hulle die pragtige roete vinnig kafgedraf.
Die vyf kilometer roete is op die strand en langs die Goukourivier op relatief plat terrein.
Met die amptelike vakansieseisoen wat hierdie naweek begin sak daar soveel as 200 hardlopers toe op hierdie pragtige parkrun en is dit behoorlik 'n miernes van bedrywighede.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’