HESSEQUA NUUS - Sewe atlete van die Langeberg-atletiekklub het onlangs die Comrades-marathon aangedurf en suksesvol voltooi.
Danie Geldenhuys (08:47:59), Estelle Swart (11:05:03) en Johan Stemmet (07:28:09) het al drie hul Bill Rowen-medaljes verower deur dié moordende wedloop onder nege uur te voltooi.
Reece Hughes (09:19:58) en Analie Heyns (09:30:17) het aan hul eerste Comrades deelgeneem.
Die ander lede se tye was as volg: Lientjie de Beer (11:01:30) en Mari Gunter (08:55:25).
Dié vyfstuks atlete van die Langeberg-atletiekklub net voor die aanvang van vanjaar se Comradesultramarathon. Van links: Lientjie de Beer, Reece Hughes, Analie Heyns, Danie Geldenhuys en Johan Stemmet.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'