ATLETIEK NUUS - Altesame 17 atlete van die Langeberg-atletiekklub het verlede Saterdag na George opgeruk om aan die jaarlikse Outeniqua-marathon tussen George en Wildernis deel te neem.
Tien langasems het die marathon oor 42,2 km aangedurf en klaargemaak terwyl sewe atlete die halfmarathon voltooi het.
Johan Stemmet het die klub besonder trots gemaak met sy algehele derde plek in die marathon se mansafdeling in 'n tyd van 3:02:52.
Wendy Joubert (3:47:40) en Analie Heyns (3:47:40) het ook nie op hulle laat wag nie en gesamentlik in die vierde plek in die vroueafdeling geëindig.
Vier atlete van Langeberg-atletiekklub met hul medaljes ná hulle die Outeniqua-marathon verlede Saterdag tussen George en Wildernis voltooi het. Van links: Johan Uys, Wendy Joubert, Analie Heyns en Callie Jordaan.
Groot vreugde vir dié drie langasems ná voltooiing van die Outeniqua-marathon. Van links: Mari Gunther, Elona Keyser en Helana du Toit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’